#FeesMustFall (#FooieMoetVal) is 'n protesbeweging deur studente wat in die middel van Oktober 2015 as gevolg van 'n toename in fooie aan Suid-Afrikaanse universiteite plaasgevind het. Die betogings het ook vir hoër lone vir lae-inkomste universiteitspersoneel gevra. Die protes het aan die Universiteit van die Witwatersrand begin en daarna na die Universiteit van Kaapstad, Rhodes Universiteit en ander universiteite dwarsoor die land uitgebrei.